top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Gemeenskappe aangemoedig om groentetuine te kweek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 15, 2024
1 min read

Om plaaslike gemeenskappe in die Vrystaat aan te moedig om hul eie groentetuine te kweek, is produksie-insette gelewer en tuingereedskap aan 'n honderd huishoudings in Soutpan, buite Bloemfontein, oorhandig. Die LUR vir die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling, Elzabe Rockman, het ook in ‘n poging om armoede en werkloosheid te beveg ondersteuning aan die Grow Black Warriors-groenteprojek verleen. Die ondersteuning sluit ‘n boorgat, produksie insette en die oorhandiging van tuingereedskap in. Volgens die LUR is dit om haar belofte, wat sy vroëer die jaar aan plaaslike boere gemaak het, na te kom. Die Grow Black Warriors het ook die geleentheid gebruik om te veruidelik hoe hul projekte uitbrei word om die nasie te voed en hul landboubesigheid te laat groei.

 
 
 

Comments


bottom of page