top of page

Gemeenskapslede vra vir minimum onderrigvereistes vir raadslede en burgemeesters

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 29, 2025
  • 1 min read

Tydens ‘n gesprek oor munisipale wetgewing van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) het sommige gemeenskapslede voorgestel dat daar minimum onderrigvereistes moet wees vir diegene wat as munisipale raadslid, burgemeester of speaker wil werk.

Daar is tans geen so ‘n voorvereiste nie.

Eyewitness News berig ook daar was voorstelle dat raadslede deur munisipaliteite ondersteun word om verder te studeer.

Die dialoog het dit ten doel om menings van alle groepe in te samel vir nuwe en bygewerkte beleide oor plaaslike regering, wat in ‘n Witskrif in 2026 voorgelê sal word.

 
 
 

Comments


bottom of page