Gemeenskapsleiers raak slaags by Stilfontein myn

Nov 22, 2024
1 min read
Reddingsoperasies by Stilfontein se verlate Buffelsfontein-goudmyn gaan voort. Burgerlike groepe het as gevolg van ‘n tussentydse hofbevel, wat nie-noodspanne verbied om die mynskag binne te gaan, met die polsie slaags geraak. ‘n Groep gemeenskapsleiers, wat vroeëre reddingsoperasies bestuur het, meen dit is nie op hulle van toepassing nie, en eis om deel van die tegniese planne deur mynkundiges te wees. Talle onwettige mynwerkers weier om na die oppervlak te kom uit vrees dat hulle ingehegtenis geneem gaan word. Die situasie volg nadat polisie, tydens ‘n operasie van Vala Umgodi, op die gebied toegeslaan het. Die operasie teiken onwettige mynbou in sewe provinsies en is verlede jaar van stapel gestuur.








Comments