GEMENGDE GEVEGSKUNS: Stillknocks sal UFC middelgewig-titel in Augustus teen Khamzat Chimaev verdedig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 14, 2025
- 1 min read
Suid-Afrika se UFC middelgewigkampioen Dricus du Plessis sal op die 16de Augustus weer in die Octagon veg wanneer hy sy titel teen die Rus Khamzat Chimaev gaan verdedig. Die Uitvoerende Hoof van die UFC Dana White het diè aankondiging Dinsdagaand op Instgram Live gedoen dat die twee vegters mekaar in UFC 319 gaan aanvat. Albei vegters is nog onoorwonne in die agthoek. Stillknocks het die middelgewig kroon in 2024 verower toe hy die Amerikaner Sean Strickland in ‘n naelbyter geklop het. Daarna het hy die Nigeries gebore Nieu-Seelander Israel Adesanya in Perth uitoorlê en weer in Februarie vanjaar oortuigend met Strickland afgereken. Chimaev het sy UFC debuut in 2020 gemaak en spog met ‘n rekord van 8 - 0. Diè Rus wat as ‘n toekomstige kampioen bestempel word het in sy laaste geveg in Oktober verlede jaar gewys hoe gevaarlik hy kan wees deur Robert Whittaker wat ‘n voormalige middelgewig-kampioen is in die eerste ronde met ‘n wurggreep te laat oorgee het. Die Du Plessis en Chimaev geveg sal in die United Center in Chicago, Illinois plaasvind.






Comments