GenZ glo in geluk sonder kinders
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 hours ago
- 1 min read
In vergelyking met vorige generasies, glo meer jong volwassenes in Generasie Z dat 'n mens ‘n vervullende lewe sonder kinders kan hê, en dat die huwelik nie nodig is om kinders van ‘n stabiele tuiste te voorsien nie.
Nuwe data uit Barna se The State of Today’s Family-verslag toon dat terwyl die meeste jong volwassenes wat rondom 1999 tot 2015 gebore is, hoop om te trou, hulle die huwelik uitstel weens ekonomiese bekommernisse en groter emosionele bewustheid.
Ongeveer driekwart, oftewel 74 %, van Gen Z-respondente sê dat hulle ‘n vervullende lewe sonder kinders kan hê, die hoogste persentasie van enige generasie.
Terwyl daar ‘n mate van hernieude belangstelling onder Gen Z in terme van openheid vir geloof en die lees van die Bybel was, het Barna opgemerk dat die persentasie Gen Z-volwassenes wat sosialisme bo kapitalisme omhels, die afgelope vier jaar van 22 % tot 39 % toegeneem het.








Comments