top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Georganiseerde misdaadgroepe teiken nou ook die begrafnisbedryf

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 minute ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Begrafnisondernemers waarsku dat georganiseerde misdaadgroepe toenemend die land se begrafnisbedryf teiken.


Die bedryf is na raming meer as R10 miljard per jaar werd.


Volgens die vereniging sluit onwettige aktiwiteite bedrieglike begrafnispolisse, intimidasie, ongemagtigde verwydering van liggame en onveilige begrafnispraktyke in.


Die waarskuwing kom terwyl daar reeds kommer is oor die groot aantal ongemagtigde begrafnisondernemings wat in Suid-Afrika bedryf word.


Rosestad-nuus het vroeër berig dat daar volgens die begrafnispraktisynsvereniging meer meer as 20 000 ondernemings tans sonder behoorlike registrasie handel dryf.


Begrafnisondernemers van regoor die land vergader volgende week in Durban om onder meer regulering en veiligheid in die bedryf te bespreek.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page