George bedank as DA-lid
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 16
- 1 min read
Die voormalige minister van omgewing, bosbou en visserye, Dion George, het as lid van die Demokratiese Alliansie bedank.
In verklaring wat deur ENCA gepubliseer is sê hy die situasie het ondraaglik geword.
Hy voeg by hy bedank ook as die party se voorsitter van federale finansies en as ‘n parlementslid van die republiek van Suid-Afrika – waar hy in 2008 vir die eerste keer ingesweer is.
Volgens George kan hy nie in ‘n party bly waar hul huidige leier, John Steenhuisen, deur die ANC en ander kriminele belange gekaap is nie.
Hy beweer ook die DA is gemuilband en het hul stem en vermoë om in Suid-Afrika se belang te lei verloor.







Comments