GEPF-lede kry die geleentheid om vrae te vra

Oct 14
1 min read
Huidige en afgetrede lede van die Regeringswerknemerspensioenfonds (GEPF) kry later dié week die geleentheid om vrae oor die bestuur van die fonds te stel.
Volgens die Vrystaatse tussentydse struktuur van die Association for Monitoring and Advocacy of Government Pensions (AMAGP) vind ’n inligtingsessie Vrydag van 10:00 tot 12:00 by Bobbiespark plaas.
AMAGP is in 2016 gestig om bewustheid oor die bestuur van die pensioenfonds te bevorder en lede se belange te verteenwoordig.
Die organisasie, wat homself as apolities beskryf, sê aan Rosestad-nuus dat daar kommer is oor die wyse waarop die fonds bestuur word.
Lede van AMAGP se nasionale uitvoerende komitee en die organisasie se president sal die sessie bywoon.









Comments