Gereformeerde vroue praat uit
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 14 hours ago
- 1 min read
In ‘n verwerkte brief wat onlangs deur Gereformeerde vroue saamgestel en versprei is, sê die vroue dat hulle met ontnugtering en teleurstelling kennis neem van die onlangse besluit van die Sinode van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.
Maroela Media berig volgens die besluit moet gemeentes wat vroue as ouderlinge bevestig, die praktyk binne ‘n jaar beëindig.
Verder word die gemeentes met uitsluiting, of te wel ‘selflosmaking’, gedreig – tensy die vroue binne ‘n jaar uit die amp verwyder word.
Volgens die vroue ervaar hulle die besluit tragies, vreemd en problematies – aangesien dit tot onder andere die gevaar van ‘n kerkskeuring inhou.
Rosestad-nuus het vroeër verskeie dominees vir kommentaar oor dié besluit genader, maar het geen terugvoer ontvang nie.







Comments