top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Geregtigheid sal geskied’ vir 'n Bloem-student se dood

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 13
  • 1 min read

Geregtigheid sal geskied in die saak van die Universiteit van die Vrystaat-student, Kgotso Khaeane, wat verlede week in Bloemfontein oorlede is.


Die Vrystaatse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jabu Mbalula, voeg by dit maak nie saak of die verdagte 'n lid van die ANC is of nie – geregtigheid sal geskied en die ondersoek sal sonder bevoordeling voortgaan.


SABC News berig verder die verdagte, 'n voormalige bestuurder van die Mangaung Metro Munisipaliteit, het glo beweer hy is 'n lid van 'n prominente politieke party en daarom onaantasbaar.


Khaeane het na bewering ingegryp toe die verdagte sy vriendin aangerand het voordat hy doodgery is.


Mbalula sê indien die ondersoek toon dat die verdagte in hegtenis geneem moet word, sal dit gebeur.


Jabu Mbalula. FOTO: SABC News
Jabu Mbalula. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page