Geregtigheid vir ’n Vrystaatse boer gaan nie vinnig geskied nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 3, 2025
- 1 min read
Geregtigheid vir ’n boer van Wepener, wie se beeste onlangs wreed met spiese doodgemaak is, gaan nie vinnig geskied nie. Landbou.com berig die motief agter die talle dooie koeie en kalwers blyk vergelding te wees nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag die diere van sommige Basotho-burgers wat glo hul beeste oor die grens gejaag het om onwettig aan die Suid-Afrikaanse kant te wei geskut het. Dit wil voorkom of die eienaars in Lesotho dink dit was die boer wat hul diere laat skut het. Volgens die voorsitter van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidskomitee, Jakkals le Roux, neem die protokolle wat by oorgrensmisdade gevolg moet word, baie lank.







Comments