top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Gerugte van geheime politieke operasie glo onwaar

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 24, 2025
1 min read

Die Staatsveiligheidsagentskap sê die gerugte van ‘n geheime politieke operasie, genaamd Operasie Sibonkolo, is onwaar. Dit volg na ‘n dokument, wat beweer dat die agentskap sekere politici ondermyn, versprei word. Die agentskap sê dit het geen geheime operasie wat daarop gemik is om staatsmag te manipuleer nie en bestempel die valse inligting as afleidingstaktieke om die agentskap se reputasie te beskadig. Hulle herhaal dat die agentskap se operasionele riglyne en toesigmeganismes op waardes van deursigtigheid gebou is.

 
 
 

Comments


bottom of page