Gesamentlike optrede lei tot drie arrestasies in Bloemfontein
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Drie vermeende inbrekers is ná 'n inbraak by 'n besigheid in die Kerkstraat-omgewing in Bloemfontein aangekeer.
Volgens inligting wat deur AfriForum Bloemfontein gedeel is, het AfriForum911 se Reaksie-Eenheid saam met ITR Sekuriteit, Koppieskraal Reaksie-Eenheid en die polisie opgetree nadat die voorval aangemeld is.
'n Gesamentlike soektog is van stapel gestuur waarna die drie verdagtes aangekeer en gearresteer is. Die verdagtes is daarna aan die polisie oorhandig vir verdere ondersoek.
Toegang is tydens die voorval tot 'n stooreenheid op die perseel verkry.
Die omvang van enige verliese of moontlik gesteelde items word steeds bepaal.








Comments