Gesinne moet Vryheidsdag gebruik 'om kinders oor demokrasie te leer'
- Saamgestel deur Jana Roos

- 12 hours ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging (Salga) moedig gesinne aan om Vryheidsdag gebruik om kinders te help om die land se demokrasie beter te verstaan.
Vanjaar se Vryheidsdag merk 30 jaar van demokrasie onder die tema van Vryheid en die oppergesag van die reg, 30 jaar van demokratiese burgerskap.
Die organisasie moedig ook ouers en opvoeders aan om hul kinder-e-boek te gebruik om verantwoordelike burgerskap van jongs af te bevorder. Salga se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê storievertelling kan ‘n sleutelrol speel om jongmense te leer oor hul regte, verantwoordelikhede en die belangrikheid van die oppergesag van die reg.








Comments