top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Geslagsgeweld skuldigbevindings moet die norm wees

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 27
  • 1 min read

Die voorspraakgroep Women for Change sê skuldigbevindings in sake van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord moet die norm wees en nie uitsonderings nie.


Die jongste misdaadstatistieke toon dat 549 skuldigbevindings en vonnisse tussen Januarie en Maart aan oortreders van geslagsgeweld opgelê is.


Volgens die statistieke het 71 oortreders lewenslange tronkstraf ontvang, terwyl 255 mishandelaars tot tussen een en nege jaar gevangenisstraf gevonnis is.


Women for Change sê hoewel die vonnisse verwelkom word, verloor vroue steeds hul lewens en word slagoffers en families dikwels deur die regstelsel in die steek gelaat.


Ter illustrasie. FOTO: Unpslash
Ter illustrasie. FOTO: Unpslash

 
 
 

Comments


bottom of page