Geslagsneutrale skooltoilette kry sterk teenkanting
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die debat oor geslagsneutrale toilette in skole kry weer momentum, met politieke partye wat hul standpunte duidelik begin stel.
Die ACDP waarsku dat sulke beleide sensitiewe kwessies rondom leerderveiligheid, privaatheid en gemak raak – en sê dit kan nie ligtelik hanteer word nie.
Die party glo dat hoewel inklusiwiteit belangrik is, dit nie ten koste van ander leerders se welstand en waardigheid moet wees nie.
Volgens die ACDP moet skole oplossings vind wat alle leerders beskerm, terwyl ouers en skoolgemeenskappe se insette ook ernstig opgeneem word.
Die party se Wes-Kaapse leier, Ferlon Christians, sê hulle het reeds in 2021 saam met ouers en opvoeders teen soortgelyke voorstelle betoog.
Hy doen nou weer ’n beroep op die Wes-Kaapse regering om ’n gebalanseerde benadering te volg wat eenheid in skole bevorder.








Comments