Gesondheid pootjie die weermag
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 hours ago
- 1 min read
Slegs 27% van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se staande mag is tans gesond genoeg om ontplooi te word.
Dit volgens statistieke van die SA Militêre Gesondheidsdiens.
News24 berig dat die weermag ook nie die gesondheidstatus van duisende soldate ken nie, aangesien bevelvoerders glo nie met gesondheidsassesserings tred gehou het nie.
Intussen is verskeie vergaderings reeds by die Nasionale Tesourie gehou om die verdedigingsmag se begrotingstoewysing te verhoog.
Daar word tans net genoeg geld vir 66 000 van hul ongeveer 70 000 soldate ontvang.
Verder word berig dat die weermag se onderskeie generaals verskonings gehad het om nie die ouditvergadering by te woon nie, en het hul ondergeskiktes gestuur.






Comments