top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Gesondheidsfasiliteite se kommunikasielyne is weens skuld ontkoppel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 23, 2024
1 min read

Die African Transformation Movement (ATM) doen ‘n beroep op die regering om deursigtige aanspreeklikheidsmaatreëls te implementeer om doeltreffende bestuur van openbare fondse te verseker. Dit is nadat Telkom kommunikasielyne by Oos-Kaapse openbare gesondheidsfasiliteite weens ‘n skuld van R50 miljoen ontkoppel het. Die skorsing het baie burgers in die provinsie sonder toegang tot mediese nooddienste gelaat. Die ATM-woordvoerder, Zama Ntshona, sê die regering se nalatigheid om Telkom te betaal stel lewens in gevaar en skend basiese menseregte.

 
 
 

Comments


bottom of page