Gesondheidsorg en huisvesting aan bykans 100 mynwerkende kinders by Stilfontein gebied
- Armando Pieters

- Nov 29, 2024
- 1 min read
Die woordvoerder vir die departement van maatskaplike ontwikkeling, Bathembu Futshane, sê hy wil die regte van bykans 100 ongedokumenteerde kinders beskerm. Maroela Media berig die ongedokumenteerde kinders was almal deel van die onwettige mynboubedrywighede by Stilfontein. Terwyl die hofprosedures voortgaan, sal hulle in veilige fasiliteite gehuisves word, waar na hul basiese behoeftes omgesien sal word. Tans is een van die uitdagings om met die kinders te kommunikeer, aangesien hulle nie almal Suid-Afrikaanse tale verstaan nie. Futshane voeg by die kinders se gesondheid is nagegaan, en die ambassades van hul lande van herkoms gekontak is. Samesprekings word gevoer om die kinders se repatriasiesertifikate of reisdokumente te bekom





Comments