Gesondheidswerkers en pasiënte vlug uit ‘n Ebola-hospitaal

Jul 17
1 min read
'n Woedende skare het Ebola-pasiënte en gesondheidswerkers gedwing om uit 'n hospitaal in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo te vlug.
Dit bemoeilik pogings om die jongste Ebola-uitbreking te bekamp.
Die geweld het uitgebreek nadat 'n vrou aan Ebola in die hospitaal oorlede is.
Verskeie Ebola-pasiënte het ontsnap, terwyl mediese personeel die hospitaal moes ontruim.
Die jongste Ebola-uitbraak in die land het reeds meer as 2 000 bevestigde gevalle en die lewe 796 mense geëis.









Comments