Gesondheidswerkers staar ‘n groeiende waardigheidskrisis in die gesig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 3
- 1 min read
Volgens die vakbond Denosa staar gesondheidswerkers ‘n groeiende waardigheidskrisis in die gesig, tesame met finansiële druk.
Adjunkpresident Simphiwe Gada het tydens ‘n Werkersdag-byeenkoms van die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakbonde gewaarsku dat baie Suid-Afrikaners in diens sukkel om te oorleef.
Hy sê werkers is gestres, uitgeput en angstig, met sommige gesinne wat gedwing word om maaltye oor te slaan.
Gada het ‘n beroep gedoen op eenheid onder werkers en die regering aangespoor om die mandjie belastingvrye voedsel uit te brei.
Hy sê stygende voedselpryse plaas bykomende druk op reeds gespanne huishoudings regoor die land.








Comments