Gesprekke tussen die Mangaung-metro en AfriForum is glo bloot ’n rookskerm
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 3
- 1 min read
AfriForum sê gesprekke met die Mangaung Metro Munisipaliteit oor samewerking is bloot ’n rookskerm terwyl diensleweringsprobleme voortduur.
Die organisasie herhaal sy beroep dat die munisipale bestuurder, Sello More, moet bedank en voer aan dat die metro versuim het om terugvoer en dokumentasie te verskaf ná ’n vergadering in Mei.
AfriForum sê hy bly bereid om met die metro saam te werk, maar slegs indien dit tot tasbare verbeterings lei.
Die organisasie oorweeg ook verdere regstappe teen die metro oor sy beweerde versuim om wetlike en grondwetlike verpligtinge na te kom.








Comments