top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Gestremde Sportman van die jaar help jeugdiges met lewenslesse

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 3, 2024
1 min read

Tsepo Lediga kan spog met die toekenning van gestremde sportman van die jaar. Wat hom so spesiaal maak, is dat hy 50 leerlinge in Trompsburg skaak leer speel en hulle voor berei vir die lewe daar buite.Sy doelwit is om toekomstige leiers deur die middel van skaakspel, dissipline en verbeterde konsentrasie te leer. Verder word die leerlinge lewens vaardighede geleer, hoe om groepsdruk te verwerk en uit die kwaad te bly.Een van sy leerlinge, Masiu Tshiu van Trompsburg Skaak klub is aan gewys as die beste speler van die jaar. Terwyl Trompsburg Skaak klub baie trots op Tshiu is word kinders uit genooi om deel te neem aan verskillende sport dissiplines.

 
 
 

Comments


bottom of page