top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Gestremdes in die VS kry 'n unieke groentetuin

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 8
  • 1 min read

’n Groep vir mense met gestremdhede van QwaQwa in die Vrystaat het nuwe groentebeddings ontvang wat spesiaal ontwerp is om aan hul behoeftes te voldoen. Die ontwerp is spesifiek aangepas vir rolstoelgebruikers en mense wat krukke gebruik.


Die African Conservation Trust (ACT) het die geligte beddings opgerig vir Nurturing Seeds for Differently Abled Community Development, waarvan die lede met verskeie fisieke gestremdhede leef.


Good Things Guy berig die voorsitter van ACT, Carl Grossmann, sê die doel was om ’n beter werksomgewing vir Nurturing Seeds se lede te skep. Die beddings is gebou van herwinde houtpalette en is met skadunet uitgevoer en grond en kompos gevul. Die beddings het breë gange tussen die beddings sodat rolstoele maklik kan beweeg, terwyl die geligte ontwerp dit vir krukgebruikers makliker maak om te werk sonder om voortdurend te buk.


Deelnemers ontvang ’n toelaag en mag hul oes gebruik vir eie verbruik, dit aan kwesbare inwoners skenk of dit verkoop om ’n inkomste te verdien.


Die geligte groentetuin. FOTO: Good Things Guy
Die geligte groentetuin. FOTO: Good Things Guy

 
 
 

Comments


bottom of page