top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Getuie D se moordverdagte se aansoek om borgtog is uitgestel

  • Writer: Saamgestel deur Jana Roos
    Saamgestel deur Jana Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die man wat teregstaan vir die moord op die Madlanga-kommissie-getuie, Marius van der Merwe, se borgtogaansoek is tot 18 Mei uitgestel.


SABC-nuus berig die voormalige lid van die polisie se spesiale taakmag, Matipandile Sotheni, het Vrydag vlugtig in die Boksburgse landdroshof aan die Oosrand verskyn. Hy word daarvan beskuldig dat hy Van der Merwe in 'n verbyryskietery by sy huis in Brakpan vermoor het.


Van der Merwe het kort voor die moord anoniem as Getuie D voor die kommissie getuig, oor misdadigheid in die Ekurhuleni-metropolisie. Sotheni word aangekla van moord, poging tot moord en die onwettige besit van ammunissie. Sy bortogaansoek sal in die Brakpan-streekhof aangehoor word.


Marius van der Merwe. FOTO: Facebook
Marius van der Merwe. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page