top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Getuie X praat wel agter geslote deure

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 16, 2025
1 min read

‘n Getuie, bekend as Getuie X, se getuienis voor die Madlanga-kommissie gaan Donderdag en Vrydag agter geslote deure voort.


Die besluit volg ná ’n ooreenkoms tussen die kommissie, bewysleiers en ’n prokureur wat News24 en Daily Maverick verteenwoordig. Die twee mediagroepe het vroeër die week hul teenkanting teen geslote verhore bevestig.


Die hoofbewysleier, advokaat Matthew Chaskalson, sê die getuienis hou verband met lopende polisiesake wat in gevaar gestel kan word indien dit openbaar bespreek word.


Hy het bygevoeg dat toekomstige geslote verhore minstens 72 uur vooruit aangekondig sal word.


FOTO: eNCA
FOTO: eNCA

 
 
 

Comments


bottom of page