Gevaarligte flikker oor wat Eskom Green met klante se data gaan doen
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
'n Kenner waarsku dat Eskom Green, Eskom se nuwe bedryfsafdeling, fyn moet trap om oortredings van mededinging- en privaatheidswette te voorkom.
Ahmore Burger-Smidt sê die uitvoerende hoof van Eskom Green, Rivoningo Mnisi, se stelling dat die die maatskappy inligting oor klante by Eskom se verspreidingsafdeling kry, gevaarligte laat flikker.
Maroela Media berig Mnisi sê klante, veral groot kraggebruikers soos myne en intensiewe kraggebruikers, se inligting kan gebruik word om pasgemaakte oplossings saam te stel.
'n Bestuurslid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Onafhanklike Kragverskaffers, Tommy Garner, sê die inligting oor ʼn klant se kragbehoefte en verbruikspatrone behoort aan daardie klant. As ʼn onafhanklike kragverskaffer dié inligting benodig, moet hy eers die klant se toestemming kry en dan vir Eskom nader.
Burger-Smidt sê as Eskom Green dieselfde prosedure volg, behoort daar nie ʼn probleem te wees nie. Dit sal egter verkeerd wees as Eskom Green die inligting direk van die verspreidingsafdeling aanvra en dit vir bemarking gebruik.








Comments