Gevalle van kinderverkragting word glo nie aangemeld nie

'n Klag is by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ingedien oor die beweerde versuim van staatsinstellings om gevalle van kinderverkragting aan te meld en te ondersoek.
Die DA beweer sy ondersoek het wydverspreide tekortkominge aan die lig gebring by gesondheidswerkers, maatskaplike werkers, onderwysers en die polisie, wat wetlik verplig is om vermoedelike seksuele misbruik aan te meld.
Volgens die party het meer as 122 000 adolessente gedurende die 2023/24-boekjaar geboorte geskenk, insluitend 2 716 meisies tussen die ouderdomme van 10 en 14 jaar.
Die DA sê slegs 'n klein aantal van dié gevalle word by die polisie aangemeld.
Die party se Lisa Schickerling sê dit dui op ernstige tekortkominge in die samewerking tussen staatsinstellings.









Comments