Gevangenes moet glo opdok vir slaapplek

Aug 18
1 min read
Gevangenes by die Kgosi Mampuru II Korrektiewe Sentrum in Gauteng is na bewering gedwing om R240 te betaal vir toegang tot stapelbeddens.
Volgens die Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het diegene wat nie kon betaal nie, na bewering op betonvloere in oorvol selle geslaap.
Daar is ook bewerings dat geld na iemand buite die fasiliteit gestuur is en dat seksuele dwang moontlik gekoppel is aan toegang tot slaapplek.
Die komitee versoek ‘n dringende ondersoek.









Comments