Gevangenispersoneel moet hul selfone by ontvangs inhandig
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Aug 5
- 1 min read
Gevangenispersoneel sal voortaan hul selfone by ontvangs moet inhandig voordat hulle 'n korrektiewe fasiliteit mag binnegaan.
Volgens MyBroadband is die maatreël daarop gemik om die smokkel van selfone aan gevangenes hok te slaan.
Korrektiewe Dienste se minister, Pieter Groenewald, sê onwettige selfone stel misdadigers steeds in staat om bedrog en ander misdade van agter tralies af te pleeg.
Die departement verhoog ook die aantal klopjagte in selle om onwettige items op te spoor. Groenewald voeg by gevorderde tegnologie, soos seinblokkeerders, is tans te duur en moeilik om landswyd te implementeer.
Die beskikbaarheid van onwettige selfone in Suid-Afrikaanse korrektiewe fasiliteite bly reeds jare lank 'n uitdaging.








Comments