top of page

Geweld dwing duisende om te vlug in Nigerië

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 8, 2025
  • 1 min read

Minstens 52 mense is dood en byna 2 000 moes vlug ná aanvalle in Nigerië se Plateau-staat. Reuters berig die aanvalle het verlede week in ses dorpe in die Bokkos-distrik plaasgevind. Nigerië se Nasionale Rampbestuursagentskap (NEMA) sê dit is die ergste geweld sedert Desember 2023, toe meer as 100 mense dood is. Volgens NEMA is 52 mense dood, 22 na hospitale geneem en drie vlugtelingskampe is opgerig. Die gebied is bekend vir spanning tussen boere en veeherders. Die Nigeriese president, Bola Tinubu, het gesê die aanvallers moet gevang en swaar gestraf word. Die oorsaak van die aanvalle is nog onbekend, maar spanning oor grond en weiding speel glo ’n rol. Die situasie bly gespanne.Plateau is een van verskeie etnies en godsdienstig diverse binnelandse deelstate in Nigerië se sogenaamde Middle Belt, waar konflik tussen gemeenskappe die afgelope paar jaar honderde lewens geëis het.Konflik in Nigerië se Plateau-staat word dikwels as godsdienstig of etnies beskou, maar klimaatsverandering en die afname in beskikbare weiding speel ook ’n groot rol.

 
 
 

Comments


bottom of page