GHOLF: Aldrich Potgieter word jongste Suid-Afrikaner om toernooi in PGA-reeks te wen
- Armando Pieters

- Jun 30
- 1 min read
Die 20-jarige Aldrich Potgieter van Mosselbaai het die jongste Suid-Afrikaner geword om ‘n toernooi in die PGA-reeks te wen. Hy het in ‘n dramatiese uitspeelstryd oor vyf putjies die Amerikaners Max Geyserman en Chris Kirk geklop om die Rocket Classic-toernooi in Detroit, Michigan te wen. Potgieter se landgenoot Thriston Lawrence het die beste onder die Suid-Afrikaners gevaar en gesamentlik in die agste plek geëindig. Sy wentjek beloop R31 miljoen en het nou van 73 opgeskuf na die 36ste plek op die FedEx-beker puntelys.





Comments