GHOLF: Die 153ste Britse Ope slaan by Royal Portrush in Noord-Ierland af
- Armando Pieters

- Jul 17
- 1 min read
Die 153ste Britse Ope het Donderdag by Royal Portrush in Noord-Ierland afgeslaan. Jacob Skov Olesen van Denemarke en China se Hao Tong Li is die vroeë voorlopers op vier minder as baansyfer na die eerste ronde. Olesen het net een brouhou oor die eerste nege putjies gespeel en op die 12de ‘n arend aangeteken terwyl Tong Li vier voëltjies behaal het. Die verdedigende kampioen Xander Schauffele het het ‘n stadige begin gehad en is tans op een onder syfer. Onder die Suid-Afrikaners vaar Dean Burmester sover die beste en was na die tweede putjie gelyk aan baansyfer. Die toernooi eindig Sondag.





Comments