GHOLF: Die 'Big Easy' mis die Britse Ope vir die eerste keer sedert 1992
- Armando Pieters

- Jul 15
- 1 min read
Die Suid-Afrikaner Ernie Els sal vanjaar vir die eerste keer sedert 1992 nie aan die Britse Ope by Royal Portrush in Noord-Ierland deelneem nie. Die 55-jarige het op Instagram aangekondig dat hy weens onvoorsiene omstandighede onttrek het. Els het verlede jaar ná een ronde die handdoek weens ’n rugbesering ingegooi en het ook vanjaar se Spelerskampioenskap misgeloop. Si Woo Kim van Suid-Korea is as sy plaasvervanger vir die Britse Ope ingesluit. Verskeie SA spelers soos onder andere Christiaan Bezuidenhout, Aldrich Potgieter, Louis Oosthuizen en Dean Burmester sal vanaf Donderdag in die 153ste Ope om die gesogte Claret Jug meeding.





Comments