GHOLF: El Pato wen sy tweede major titel binne sewe dae
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 27, 2025
- 1 min read
Die Argentynse legende Angel Cabrera het ’n seldsame prestasie behaal deur twee major- titels binne die bestek van 'n week te kon opraap. Cabrera wat in 2021 weens aanklagte van aanranding en gesinsgeweld twee jaar agter tralies deurgebring het, het die PGA-kampioenskap vir seniors in Bethesda, Maryland met een hou gewen waar hy die Ier Padraig Harrington en Thomas Bjørn van Denemarke kon uitstof. Cabrera het ook ’n week vroeër die Regions Tradition-toernooi in Birmingham, Alabama gewen. El Pato soos hy op die baan bekend staan weens ’n waggel stappie soos ’n eendhet na afloop van sy oorwinning gesê dat hy baie gelukkig daarmee is om twee toernooie agtereenvolgens en sy derde vir 2025 te kon wen ondanks alles wat die afgelope paar jaar met hom gebeur het.






Comments