GHOLF: Erik van Rooyen bespreek plek by die 125ste Amerikaanse Ope op Oakmont
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 3, 2025
- 1 min read
Die Suid-Afrikaner Erik van Rooyen is deel van ’n groep spelers wat Maandag vir die derde major van die jaar naamlik die Amerikaanse Ope gekwalfiseer het. Van Rooyen het kwalifiserings-rondtes van 64 en 67 gespeel en eerste geëindig op Kinsale in Columbus terwyl die nog vier Amerikaners Bud Cauley, Lanto Griffin, Justin Lower en Harrison Ott die top-vyf uitmaak. Diè 35-jarige het in sy laaste drie verskynings in die Amerikaanse Ope nie die afsnypunt gehaal nie. In 2020 was sy beste vertoning ‘n gesamentlike 23ste plek maar sluit hom nou vanjaar aan by landgenote Thriston Lawrence en Christiaan Bezuidenhout waar diè drietal gaan poog om die Suid-Afrikaanse vlag trots op die Oakmont-baan in Pennsilvanië te laat wapper.






Comments