GHOLF: Konig trotseer wind om vroeë voortou te neem by Betway Big Easy Tour2-toernooi in Glenvista
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 22, 2025
- 1 min read
Harry Konig het ‘n uitstekende sewe-onder-baansyfer 65 aangeteken om ‘n skraal voorsprong van een hou te neem na die tweede ronde van die Betway Big Easy Tour 2 - toernooi wat op Glenvista gespeel word. Konig se landgenoot Joe Sullivan en die Suid-Afrikaner Lyle Pedro is kort op sy hakke een hou verder terug terwyl nog ‘n Suid-Afrikaner Tristan Leonard alleen in die derde plek is op vyf-onder-die-baansyfer. Die Big Easy Tour is een van die Sonskyn Toer se hooftoernooie wat ook heelwat ondersteuning van die legendariese Ernie Els kry. *Tour 2 met prysgeld van R150 000 eindig Donderdag.






Comments