top of page

GHOLF: LIV-speler maak geskiedkundige terugkeer tot PGA

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 26, 2025
  • 1 min read

Die Amerikaner James Piot het geskiedenis gemaak deur die eerste LIV speler te word wat ’n borg se vrystelling ontvang het om weer in die PGA-reeks te speel. Hy sal nou in die Rocket Classic-toernooi op die Detroit-baan in sy tuisstad afslaan - wat vir hom ’n droom was wat nou uiteindelik bewaarheid word. Piot, ’n voormalige Amerikaanse Amateur-kampioen, het laas in 2022 in die reeks meegeding toe die boorling van Michigan in 2021 in die Amerikaanse Ope en die Meesters onder die valbyl ingetrek is. Hy was een van die eerste groep spelers wat by die rebelle-reeks aangesluit het en het ’n gewaarborgde $6-miljoen ontvang in ’n twee jaar ooreenkoms. PGA-reëls vereis ’n verbod van een jaar vir spelers wat in ongemagtigde reekse soos LIV Gholf meeding.

 
 
 

Comments


bottom of page