GHOLF: Nicklaus verras deur McIlroy se afwesigheid by toernooi
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 28, 2025
- 1 min read
Jack Nicklaus het erken dat hy onkant betrap was deur Rory McIlroy se besluit om die Memorial-toernooi oor te slaan. McIlroy gaan vir die eerste keer in agt jaar nie in diè legendariese toernooi speel nie aangesien hy volgende week by die RBC Kanadese Ope afslaan wat nou die Amerikaanse Ope voorafgaan na ’n kalenderskommeling in die PGA Kampioenskaps-reeks. Nicklaus het ook sy langdurige tradisie herbevestig om aan elke groot wenner te skryf en opgemerk dat spelers die media moet trotseer, hetsy hulle nou wen of verloor. Die Memorial-toernooi met ’n totale boerpot van $20 miljoen slaan 29 Mei by die Muirfield Village gholfklub in Dublin, Ohio af.






Comments