GHOLF: Rory McIlroy word tweede speler in PGA-reeks om $100 miljoen kerf te haal
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 2, 2025
- 1 min read
Die Noord-Ierse speler Rory McIlroy het sy naam nou ook in die rekordboeke geskryf nadat hy die tweede PGA-speler geword het om die $100 miljoen kerf verby te kon steek. Tiger Woods het diè prestasie reeds in 2012 vermag en staan tans op $120 miljoen met 83 seges in 378 toernooie terwyl McIlroy sy eerste verskyning in 2010 gemaak het en het reeds 28 seges in 262 toernooie behaal. Phil Mickelson is in die derde plek op $97 miljoen maar het in 2022 die PGA-reeks verlaat en vir ’n reuse bedrag van $200 miljoen by LIV Gholf aangesluit. McIlroy is weer vanaf die 10de April op die Augusta National-baan by die Meesters in aksie waar hy gaan poog om slegs die sesde speler te word wat ’n loopbaan Grand Slam kon voltooi.






Comments