top of page

GHOLF: Stellenbosch gaan 2026 Investec SA Ope aanbied

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 6
  • 1 min read

Die 115de  Investec Suid-Afrikaanse Ope sal in Februarie 2026 na Stellenbosch-gholfklub terugkeer. Dit sal die tweede keer wees dat die historiese baan diè gesogte geleentheid aanbied. Die toernooi is laas in 1999 op Stellenbosch gehou en is gewen deur die plaaslike gunsteling David Frost wat grootgeword het by die klub. Investec se hoof van borgskappe, Peta Dixon, het die belangrikheid daarvan beklemtoon om die kampioenskap regoor Suid-Afrika ten toon te stel om gholf-entoesiaste landwyd te inspireer. Stellenbosch-gholfklub se hoofbestuurder, Chris van der Merwe, het sy opgewondenheid uitgespreek oor die terugkeer van die toernooi na die Boland.

 
 
 

Comments


bottom of page