GHOLF: Swede se Maja Stark verower uiteindelik ‘n titel by Amerikaanse Vroue-Gholf Ope toernooi
- Armando Pieters

- Jun 3
- 1 min read
Swede se Maja Stark het haar eerste professionele oorwinning op Amerikaanse bodem behaal deur die Amerikaanse Vroue-Ope by Erin Hills met ‘n laaste ronde van 72 te wen en twee houe voor op 7 onder syfer te eindig. Die 25-jarige het ‘n aanslag van Nelly Korda afgeweer wat binne ‘n hou gekom het voordat sy op die laaste nege gestruikel het en uiteindelik gelykop tweede geëindig het saam met Japan se Rio Takeda. Stark het koelkop gebly in die laaste deel van die wedstryd en belangrike voëltjies op 11 en 14 gemaak voordat sy een oor baansyfer op 17 en 18 oorleef het om haar eerste groot titel te beklink. Met ses oorwinnings reeds op die Europese Dames-toer voeg Stark nou ‘n hooftitel by haar naam en word sy slegs die derde Sweedse vrou om hierdiè kampioenskap te wen.





Comments