GHOLF: Uitvoerende Hoof van NFL gaan leisels oorneem by Amerikaanse PGA-reeks
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 19, 2025
- 1 min read
Die Uitvoerende Hoof van die Amerikaanse voetbal-liga Brian Rolapp gaan voortaan aan die stuur van sake by die Amerikaanse PGA-reeks staan. Rolapp wat vir twee dekades lank ’n uitvoerende rol in NFL beklee het gaan by Jay Monahan oorneem wanneer sy kontrak aan die einde van 2026 verstryk. Monahan verlaat die PGA na ’n paar stormagtige jare met veral die totstandkoming van die LIV-rebelle-reeks wat die gemoedere met tye laat opvlam het. Monahan wat ’n groot kritikus van diè rebelle-reeks was het later self deurgeloop toe dit rugbaar geword het dat hy ’n samewerking-ooreenkoms met Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds bereik het wat die LIV-reeks se finansiële vennoot was. Rolapp besef dat ondersteuners die beste spelers teen mekaar wil sien meeding in die PGA aangesien net ’n paar LIV-spelers tans in die major - toernooie speel.






Comments