Gidshonde bring hoop vir outisme
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 10
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging vier Outisme-bewustheidsmaand deur die fokus te plaas op sy ondersteuningshondprogram.
Die organisasie vier tans 49 lewensveranderende vennootskappe tussen kinders op die outismespektrum en hul spesiaal opgeleide honde.
As deel van die veldtog is ’n unieke T-hemp bekendgestel met egte hand- en pootafdrukke van dié mens-hond pare. Die honde help om emosionele ondersteuning te bied en bevorder groter onafhanklikheid vir kinders en hul gesinne.
Personeel sal elke Vrydag die hemde dra om bewustheid te skep oor die rol wat hierdie viervoetige metgeselle in mense se lewens speel.








Comments