top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Glencore waarsku oor werksverliese te midde van kragkoste-krisis

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 days ago
  • 1 min read

Met slegs 11 van Suid-Afrika se 66 smelters wat nog funksioneer, waarsku Glencore se plaaslike ferrochroom-eenheid dat hy uit gesprekke met die regering kan onttrek.


eNCA berig dit hou verband met ’n voorgestelde afslag op elektrisiteitstariewe, wat volgens die maatskappy onaanvaarbare voorwaardes bevat.


Eskom het voorgestel dat kragpryse van R1,36 tot 62 sent per kilowatt-uur verlaag word om verliesgewende smelters aan die gang te hou, maar die ooreenkoms wag nog op regulatoriese goedkeuring.


Glencore sê sonder verligting kan tot 1 500 poste in die gedrang wees. Intussen het mededinger Samancor reeds aangedui dat afleggings gaan voortgaan.


Die sektor verkeer onder druk weens stygende elektrisiteitskoste en toenemende mededinging uit China.


Ter illustrasie. FOTO: Reuters
Ter illustrasie. FOTO: Reuters

 
 
 

Comments


bottom of page