Glo laat rou riool visse in die Rhenosterspruit vrek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 42 minutes ago
- 1 min read
Talle dooie visse is glo die afgelope ruk in die Rhenosterspruit in Roodewal buite Bloemfontein aangetref.
Daar word beweer dat die spruit deur rou riool besoedel word en dat die water 'n sterk onaangename reuk afgee.
'n Video wat aan Rosestad-nuus gestuur is, wys talle dooie visse in die spruit.
Daar word ook beweer dat personeel van die Mangaung Metro Munisipaliteit watermonsters by die spruit geneem het.
Inwoners sê hulle oorweeg regstappe en versamel foto's en video's as deel van hul bewyse.
Rosestad-nuus het die Mangaung-metro om kommentaar genader. Die metro se waarnemende algemene bestuurder van kommunikasie, Nicolette Maysiels, sê die navrae sal na die betrokke departemente vir kommentaar verwys word.








Comments