Globale oliepryse styg
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 30m
- 1 min read
Globale oliepryse het Maandagoggend effense stygings in wêreldmarkte getoon.
Dit volg op die naweek se konflik tussen die Verenigde State van Amerika en Iran oor die heropening van die Straat van Hormoes.
Die twee nasies het belowe om terug te keer na onderhandelinge en die seestraat oop te hou.
Dit sal na verwagting globale oliepryse weer stabiliseer.
Oliepryse het naby aan vooroorlogse vlakke gedaal nadat die VSA en Iran ’n memorandum van ooreenkoms onderteken het om die oorlog in Iran te beëindig.
Ontleders sê markte was te optimisties oor ’n moontlike wapenstilstand tussen die twee lande.








Comments