top of page

Godfather-akteur Robert Duvall is oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 17
  • 1 min read

Een van die akteurs van The Godfather, Robert Duvall, is in die ouderdom van 95 oorlede. Volgens die BBC het sy vrou, Luciana, by monde van sy agentskap bevestig hy is vreedsaam in sy huis in Middleburg in Virginia, Amerika dood.


Sy mede-Godfather-ster Al Pacino het hulde gebring en gesê dit was 'n eer om saam met Duvall te kon werk.


Duvall het dikwels in sy loopbaan van meer as ses dekades die rol van die "taai ou" gespeel, soos die mafia-raadslid in Francis Ford Coppola‘s The Godfather en The Godfather Part II, asook 'n weermag-offissier in Coppola se Vietnam-fliek Apocalypse Now.


Met slegs 'n paar minute op die skerm het sy woorde, "I love the smell of napalm in the morning" legendaries geword.


Robert Duvall. FOTO: Rolling Stone
Robert Duvall. FOTO: Rolling Stone

 
 
 

Comments


bottom of page