top of page

Godongwana dink politieke partye moet deur die staat befonds word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 20, 2025
  • 1 min read

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, is van mening dat politieke partye deur die staat befonds moet word, en dus nie private skenkings aanvaar nie. Volgens Eyewitness News het hy tydens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) se politieke befondsingskonferensie in Durban gesê dit is onaanvaarbaar dat sommige politieke partye nie jaarlikse geouditeerde finansiële state indien nie. Godongwana se eie politieke party, die African National Congress (ANC), was onder diegene wat verlede jaar deur die Verkiesingshof beboet is omdat hulle die wet in hierdie verband oortree het. Hy het ook bevraagteken of die OVK die gepaste liggaam is om politieke partye se finansies in toom te hou.

 
 
 

Comments


bottom of page