Godongwana is nie deel van G20-vergaderings nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
Enoch Godongwana het bevestig dat hy en die Reserwebank-goewerneur nie vanjaar se G20-vergaderings in die Verenigde State sal bywoon nie.
Godongwana sê hulle is nie geakkrediteer om die komende vergadering van finansiële leiers in Washington by te woon nie.
Hy het aan Bloomberg gesê Suid-Afrika sal vir die res van die jaar nie aan G20-aktiwiteite deelneem nie, ondanks sy lidmaatskap van die groep.
Volgens Godongwana beplan die land om weer deel te neem wanneer die Verenigde Koninkryk in November die presidentskap oorneem.
Die Amerikaanse administrasie het Suid-Afrika glo van die beraad uitgesluit weens bewerings van volksmoord teen wit Afrikaanse mense in die land.








Comments